• Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
  • default style
  • blue style
  • red style
  • yellow style
YOU ARE HERE: Home
E-mail
(0 votes, average 0 out of 5)
User Rating: / 0
PoorBest 
Thursday, 08 December 2011 09:19

Kersfees in Suid-Afrika beteken warm somerdae, see vakansies en braaivleis. Om hoender te braai, bly ook ‘n groot gunsteling. Hier is ‘n heerlike gebraaide hoendervlerkie resep wat as voorgereg bedien word by braaie.

Die resep lewer sowat 8 – 10 hoendervlerkies.

Marinade:

5 repe spekvleis, swoerd verwyder en fyngekap.

1 fyngekapte ui

1 eetlepel Worcestersous of sojasous

125 ml tamatiesous

3 ml aangemaakte mostert

1 eetlepel suurlemoensap

1 eetlepel suiker

Sout en peper na smaak

Braai die spekvleis tot bros en voeg dan die ui by. Braai liggies tot deurskynend. Voeg die res van die marinade bestanddele by en prut vir 10 minute. Laat afkoel.

Giet oor die hoendervlerkies en laat dit ‘n uur staan.

Dreineer en braai oor matige kole vir omtrent 15 minute. Bedruip gereeld met die marinade.

Kersfees Nagereg

Kers-Cassata

Bestanddele:

1 pakkie (200g) vingerbeskuitjies, gekrummel

100g       Brasiliaanse neute, grof gekap

12           glanskersies, gekap

60 ml      gekapte glansvrugte

60 ml      grof gerasperde sjokolade

30 ml      rum

250 ml    room, liggies geklits

500 ml    vanieljeroomys

500 ml    sjokoladeroomys

500 ml    aarbeiroomys

Vars bessies vir garnering

 

  • Voer ‘n 28cm- broodpan met kleefplastiek uit. Gebruik genoeg sodat die plastiek oor die kante van die broodpan hang.
  • Meng die koekieskrummels,neute, kersies, glansvrugte, sjokolade, rum en room deeglik en hou dit in die yskas tot nodig.
  • Skep die vanieljeroomys op die boom van die uitgevoerde broodpan en maak gelyk met die agterkant van ‘n lepel wat in water gedoop is.
  • Skep die sjokoladeroomys bo-op en maak gelyk.
  • Skep nou die vrugte-en- roommengsel bo-op en plaas vir 30 minute in die vrieskas.
  • Skep laastens die aarbeiroomys op en maak gelyk.
  • Vou die plastiek wat oorhang, bo-oor om dit deeglik te bedek en plass vir minstens 12 uur in die vrieskas.
  • Keer die nagereg op ‘n lang opdienbord uit en versier met vars bessies.

 

Wenk: Jy kan die peoding kan lank voor Kersfees maak en in die vrieskas bêre.

Gebruik die beste roomys wat jy kan bekostig.

 

Plus 50 Tydskrif
Het u geweet?  Die Bouquet tydskrif is nou ingelyf  met die Plus 50 tydskrif? Teken asb in op die tydskrif om sodoende die voortbestaan van die Bouquet te verseker.

Klik hier vir die inskrywingsvorm.


Naaldwerkkarnaval

Naaldwerkkarnaval
by Moreletakerk in
De Villebois Mareuilstraat
Donderdag 2 Oktober 2014
vanaf 10:00 tot 20:00
Vrydag 3 Oktober 2014
vanaf 9:00 tot 16:00
Klik hier vir meer inligting


SAVLU Facebook


Visitors & Counter

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterToday39
mod_vvisit_counterThis month39

We have: 2 guests, 1 bots online
Today: Nov 01, 2014

Makhosikazi-projek


Die Makhosikazi-projek, ’n twee-jaar samewerkingsprojek wat beoog om vroue wat op plase regoor Suid-Afrika woon, te bemagtig om hulle lewenstandaard en dié van hul gesinne te verbeter.

Klik hier vir meer inligting en om die Communicator af te laai en te installeer.


Orgaanskenker

Is u al gerigestreer as 'n orgaanskenker?

Klik hier om te registreer:www.bonedonation.org

Are you registered as a organ donor?

Click here to register:www.bonedonation.org

ONS VISIE

sawau imageOm deur middel van kwaliteit programme en projekte lede toe te rus as tuisteskeppers en meelewende landsburgers, sodat hulle hul kennis en vaardighede sal ontwikkel tot voordeel van die gemeenskap en die land en dit aan ander sal oordra.

OUR VISION

sawau imageTo equip members as homemakers and proper citizens by means of high quality programmes and projects, to develop their knowledge and skills to the benefit of the community and the country and to share it with others.